Gewilde

TREK DIE KIS SPYKERS: HOE OM OP TE HOU ROOK, DIE MAKLIKE WYSE!

Om op te hou rook vir enige geharde roker is die Everest wat min kan klim. Ons praat nie nou van geleentheid’s rokers of die wat ‘n pakkie Vogue’s ‘n week lank rook nie maar die regte rokers. Mense wat tussen 20 en meer sigarette ‘n dag rook en eerste ding in die oggend die bed kassie voel voel vir die kanker stokkies om die dag mee te begin.

Advertisements

Om op te hou rook vir enige geharde roker is die Everest wat min kan klim. Ons praat nie nou van geleentheid’s rokers of die wat ‘n pakkie Vogue’s ‘n week lank rook nie maar die regte rokers. Mense wat tussen 20 en meer sigarette ‘n dag rook en eerste ding in die oggend die bed kassie voel voel vir die kanker stokkies om die dag mee  te begin.

Dit is ook dieselfde mense wat daagliks gebombardeer word met hoe sleg, onsosiaal en ongewenst hulle skuldige plesiertjie is. Rokers het sosiale uitgeworpenes geword en kom ons wees maar eerlik, jy walg jouself by geleentheid en wens jy kan van die gewoonte ontslae raak maar jy geniet dit te veel.

En net daar lê die slagval vir hoekom so baie ophou rook medikasies, plakkers, kougom en hipnose nie werk nie. Rokers geniet dit om te rook! Jy geniet die gevoel van ‘n sigaret aansteek en die warm rook diep in te trek, jy geniet die kalmte wat dit oor jou bring, die stress ontlading, die gevoel van die sigaret tussen jou vingers en alles wat daarmee gepaard gaan. Selfs wanneer dit jou walg geniet jy dit. Dit is die greep wat Nikotien oor jou het.

Maar Nikotien is die kleinste van al die sondebokke wat sigarette betref, alhoewel ek geensins probeer insunieër dat Nikotien goed is nie, is dit by vêrre nie die slegste of gevaarlikste bestandeel in jou kis spykers nie en in my opinie nie die enigste verslawende bestandeel nie.

So wat is alles in jou kanker stokkie?

‘n Tipiese sigaret bevat oor die 4000 chemikalieë waarvan 43 karsinogeniese middles (karsinogenies = veroorsaak kanker) en 400 gifstowwe is. Hier is net ‘n paar (verskoon die Engels)…

  • Nicotine: verhoog hart ritme en bloed druk, verslawend.
  • Acetaldehyde: karsinogeen
  • Acetone: veroorsaak lewer en nier versaking
  • Acrolein: uiters giftig
  • Acrylonitrile: karsinogeen.
  • 1-aminonaphthalene: karsinogeen.
  • 2-aminonaphthalene: karsinogeen.
  • Ammonia: uiters giftig, verhoog bloed druk.
  • Benzene: karsinogeen.
  • Benzo[a]pyrene: mutagenies (verander genetiese material bv DNA), karsinogeen.
  • 1,3-Butadiene: karsinogeen.
  • Butyraldehyde: beskadig die voerings van die longe.
  • Cadmium: ‘n swaarmetaal en uiters giftig
  • Carbon Monoxide: giftig en verminder hart en spier funksies.
  • Catechol: veroorsaak lugweg irritasie.
  • Chromium: swaarmetaal en karsinogeen.
  • Cresol: veroorsaak boonste lugweg, neus en keel irritasie.
  • Crotonaldehyde: benadeel die immuun stelsel.
  • Formaldehyde: karsinogeen
  • Hydrogen Cyanide: dodelike gif
  • Hydroquinone: affekteer die sentrale senuwee stelsel.
  • Isoprene: vel, oë en slym membraan irritant.
  • Lead: uiters giftig, veroorsaak brein skade.
  • Methyl Ethyl Ketone: onderdruk die sentrale senuwee stelsel.
  • Nickel: karsinogeen en veroorsaak brongitale asma, karsinogeen.
  • Nitric Oxide: gekoppel aan Huntington’s, Alzheimer’s en Parkinson’s en asma.
  • NNN, NNK, and NAT: karsinogene
  • Phenol: beskadig lewer, niere, lugweg, kardiovaskulêre en sentrale senuwee stelsels.
  • Polonium: radio aktiewe bestandeel.
  • Propionaldehyde: vel, oog en lugweg irritant.

En vele meer.

Ok as jy ‘n roker is gaan die brokkie inligting jou bietjie naar maak en ‘n hol kolletjie erens in jou teer besmeerde lyf los maar nie jou sigarette laat dood maak nie.

Ek was ‘n roker, vir 23 jaar plus ‘n spoegie. ‘n Hewige roker, wat partymaal tot en met 40 sigarette ‘n dag gerook het, dit is 8 395 dae van rook, 251 850 sigarette min of meer.

Die een ding wat my grensloos kon irriteer en twee keer so hard aan ‘n sigaret laat trek was mense (gewoonlik nie rokers) wat vir jou vertel om op te hou en jou vra of jy weet hoe sleg dit is vir jou en almal om jou. Net so bietjie nuus vir al daardie wysneuse…

ROKERS IS NIE ONNOSEL NIE NET VERSLAAF!

Meeste rokers weet presies wat die nadele en nagevolge van hulle gewoonte is maar dit is nie net ‘n gewoonte nie, dit is ‘n verslawing en dit is wat meeste mense nie kan begryp nie. Wanneer jy begin rook is dit gewoonlik nie vir die doel om verslaaf te raak nie maar teen die tyd wat jy ‘n geharde roker is, is dit nie meer ‘n keuse nie maar ‘n noodsaaklikheid.

En so kom ons by die eintlike punt van die artikel, hoe hou jy op?

Die mark is oorversadig aan produkte om jou te laat ophou rook, kougom, plakkers (patches), pille en strope en hipnose. Die kougom van ‘n bekende naam kom selfs met ‘n internet ondersteunings groep skakel.

Al hierdie produkte het een algemene ooreenkoms en nadeel wat hulle oneffektief maak…nie een simuleer die effek van rook nie en rokers wil rook!

Hiermee sê ek nie dat daardie produkte totaal faal en niemand ooit kan help nie. Ek ken persoonlik mense wat met ‘n verskeidenheid van daardie produkte of metodes wel opgehou rook het. Wat wel ‘n feit is is dat slegs ‘n klein persentasie van rokers wel slaag daarin om op te hou rook met daardie produkte en belangriker, nooit weer rook nie!

Nou sit jy daar (dalk met ‘n sigaret in die hand) en wonder watse nuwe “miracle” produk ek aan jou wil afsmeer en my sakke stop op jou verslawing.

Die kort antwoord: niks, hierdie artikel is nie ‘n promosie nie en ek probeer geen produk verkoop of bemark nie. Dit is slegs ‘n inligting stuk vir mense soos ek wat vir jare letterlik gebid het om ‘n wyse te vind om op te hou rook sonder dat hulle deur ‘n lewende hel gaan.

Die antwoord is damp (vaping).

Ek hoor klaar die uitjouery in die gallery. Maar hoeveel weet Suid Afrikaners rerig van hierdie redelike “nuwe” volksvreemde verskeinsel?

Jy het waarskeinlik al mense gesien met die snaakse stokkies of boksies waaraan hulle trek en walms blaas wat Van Hunk op Tafelberg sou laat bloos. Baie van julle mag dalk bewus wees van toestelle soos die “Twisp Vaping Pen” of die “Lung Buddy Vaping Pen”, maar meeste van julle rokers is skepties.

Dan is daar al die negatiewe inligting op sosiale media en die internet (een van my gunstelinge) dat hierdie toestelle 10 keer meer kanker veroorsaak as gewone sigarette.

Ek verstaan die skeptisme, ek self was baie skepties en vol ongeloof.

Ek staan op die stadium van my lewe aan die verkeerde kant van 39 (net ‘n paar maande oor voor die groot 40) en het onlangs ‘n hartaanval skrik gehad. Ek is nou nie ‘n gesondheids najager nie en is lief vir my kollesterol ryke kosse, sigarette en bo op dit alles was ek nie groot op oefening nie. Tel dit by die feit dat hartaanvalle in my gene is (my oupa, my pa, sy broer is almal oorlede aan hartaanvalle) en ek is ‘n uitstekende kandidaat.

Dit het my genoop om my lewenstyl te ondersoek en my slegte maniere onder die vergootglas te plaas en een van my grootste kwessies was my rook gewoonte.

Dit was nie die eerste keer dat ek probeer ophou rook het nie. Ek het vir jare verskillende metodes probeer. Die kougom, die pille, net skoon ophou (cold turkey soos die ingelse sê) maar niks, niks het vir my gehelp nie.

Ek het in ‘n monster uit die verbeelding van HP Lovecraft verander wat enige hardebaard sou nagmerries gee as ek nie kon rook nie. Kougom, pille niks het vir my gewerk nie. Ek het selfs een of twee elektroniese sigarette probeer sonder sukses.

Om en by twee jaar gelede moes my ma vir ‘n uiters noodsaaklike rug operasie gaan. Sy was self ‘n roker (plus minus ‘n pakkie ‘n dag) vir meer as 30 jaar. Een van die voorwaardes verbonde aan die operasie was dat sy summier MOET ophou rook.

Sy het ook soos ek maar verskillende metodes vir jare probeer om op te hou rook en ‘n tydjie voor die gebeure wat tot die operasie gely het, belê in ‘n damp pen toestel (vaping pen). Met geen ander opsie nie (die keuse was of ophou rook en die operasie ondergaan of met ongelooflike en onhanteerbare pyn saam lewe) het sy haar damp pen in haar hospitaal tassie gepak en ‘n pad na ‘n sigaret vrye lewe aangepak.

Twee jaar (plus minus) en ‘n verskeidenheid van damp toestelle later is sy steeds sigaret vry.

En so is my eerste kis spyker getrek.

Ek is op hierdie stadium slegs ‘n kort rukkie vry van sigarette maar vir die gene wat my ken is dit ongelooflik. Niemand sou ooit kon glo (en baie glo dit nog steeds nie) dat ek ‘n enkele dag kon deurmaak sonder ‘n sigaret aansteek nie. Maar hier is ek 30 dae later en 100 persent sigaret vry.

So wat is damp (“vaping”)?

Damp se Engelse naam “vaping” beskryf dit baie goed. Vloeistof (“e-liquid” / “vaping liquid” of “vaping juice”) word in die tenk van die toestel gegooi. Die toestel bevat ‘n spoel (“coil”) met ‘n katoen pit (“wick”) bevat wat die vloeistof in trek en as die toestel aangesit word verhit die spoel die vloeistof in die pit wat dan omsit in damp (vapour).

Die vloeistof wat gebruik word vir damp doeleindes bevat gewoonlik slegs 4 bestandele:

  1. Nikotien (indien verkies)
  2. Geurmiddels (gewoonlik natuurlike gekonsentreerde voedsel graad met geen chemikaliëe nie)
  3. PG of Propylene Glycol ( wat gebruik word in asma pompies ens) en
  4. VG of Vegetable Glycerine (wat ook voedsel graad is en in ‘n verskeidenheid van voedsel en huishoudelike produkte gebruik word)

So in wese rook jy nie en is daar geen rook betrokke nie maar slegs damp waardeur die Nikotien aan jou longe verskaf word. Die engiste ‘slegte’ bestandeel van damp vloeistof is die Nikotien.

Van die damp verskynsel die wêreld oorgeneem het is baie teoriëe en versinsels oor die gevaar van damp opgedis (soos dat dit 10 meer kanker veroorsaak en in my opinie deur die tabak maatskappye wat intussen biljoene verloor deur die damp gemeenskap, opgemaak en verspry is) en ‘n verskeidenheid toetse is intussen gedoen om die veiligheid van hierdie metode te bepaal (ek gaan nie al hierdie toetse se uitslae in “detail” bespreek nie, dit is maklik verkrygbaar op die internet as jy soek onder “vaping vs smoking”) en die konsesus is dat daar GEEN bewyse bestaan dat enige van die bestandele (Nikotien uitgesonder) nadelig is vir die mense wat damp of die wat hulle tweedehandse damp (“second hand vapour”) in asem nie.

Geen van die bestandele behalwe van damp vloeistof behalwe Nikotien is karsinogene of gekoppel aan kanker in enige wyse nie. Jy asem meer gif stowwe in as jy in ‘n motor sit in spits verkeer met jou venster oop as wat jy sou in asem met ‘n damp toestel.

So hoe help net ‘n ander manier van Nikotien in neem my om op te hou rook vra jy…

Soos enige damper (“vaper”) jou sal vertel is dit onmoontlik om met ‘n hoë Nikotien inhoud aanhoudend te damp. Die toestel wat jy gebruik bepaal ook die hoeveelheid Nikotien wat jy kan in asem sonder om te verstik. Ek het begin met ‘n damp pen toestel van ‘n bekende maak wat nie vreeslik effektief was in die lewering van Nikotien nie so my gekose Nikotien inhoud was 12mg per ml damp vloeistof. Soos ek na beter toestelle toe op beweeg het, het my Nikotien inhoud gedaal en is ek huidiglik op 4mg (binne die bestek van n maand of twee) en sien ek myself as Nikotien vry binne die nabye toekoms.

Die belangrike feite hier is dat damp jou toelaat om jou Nikotien in name te beheer en reguleer en dat jy mettertyd minder en minder Nikotien benodig wat jou stelselmatig van Nikotien af neem sonder dat jy die genot van “rook” verloor.

Die meerderheid dampers het soos ek nog nooit weer aan ‘n sigaret gevat nie. Wat beteken dat behalwe vir die Nikotien wat oorblywend is ons daardie hele lang lys van 4000 gevaarlike bestandele uitgesny het en gesonder en beter lewe.

Ek het geensins meer ‘n oggend hoes nie, ek slaap beter, voel beter, proe beter en voel meer gesond in die algemeen.  Ek is sosiaal meer aanvaarbaar aangesien my damp toestel geen gevaarlike tweedehandse rook produseer nie en ek nie ‘n gevaar vir mense om my is nie. Ek hoef nie in resturante of publieke plekke naarstigtelik na ‘n rook hoekie te soek om my verslawing te voer nie en ek kyk nie vir een oomblik terug nie!

As ek net ‘n sigaret sien word ek naar. Tydens my begin dae as ‘n damper het ek een of twee keer ‘n gewone sigaret opgesteek en dadelik gevind dat die smaak en die reuk my so walg dat ek nie verder kans sien om hulle te gebruik nie. Ek gaan nie lieg en se dat dit absoluut ‘n wonder kuur is nie, jy gaan nog in die begin lus raak vir ‘n sigaret (tenminste net totdat jou ligaam gewoond raak aan die nuwe manier van “rook”) maar jy gaan vind met min moeite dat dit baie baie makliker is om nie een aan te steek of terug te val in die gewoonte nie.

Om op te hou rook is nie ‘n maklike besluit nie en ek wat self ‘n roker was verstaan dit al te goed. Ek hoop slegs dat die artikel mense sal inlig oor die beskikbaarheid van ‘n veiliger, bekostigbare en makliker tegniek om gesonder en sigaret vry te word.

Moenie net op my woord gaan nie, doen bietjie navorsing en soek op die internet oor alles wat ek genoem het en sien die feite vir jouself.

As jy soos ek, opsoek is na ‘n haalbare en realistiese oplossing om op te hou rook is damp die antwoord.